Die toekoms van medisyne woon in Bloemfontein

As een van Suid-Afrika se drie nasionale hoofstede is dit in Bloemfontein se aard om ’n leier te wees op ’n gebied soos medikasie. Indien jy in of naby Bloemfontein woon, kan jy help dat dit voortgaan om ’n leier te wees deur aan navorsing deel te neem wat medikasie vir ewig kan verander.

Kliniese navorsingstudies word by PAREXEL Bloemfontein uitgevoer om meer uit te vind oor navorsingsmedikasies wat nog nie vir die publiek beskikbaar is nie.

Met jou hulp kan dokters en navorsers ’n beter begrip verkry van hierdie navorsingsmedikasies.

Op hierdie webwerf sal jy meer inligting vind oor kliniese navorsingstudies, ons kliniek en studies waarin jy of ’n vriend/vriendin dalk kan belangstel. Kyk ’n bietjie rond en vind uit of jy deel kan wees van die toekoms van medikasie in Bloemfontein.

Vind 'n studie

Ons werf tans pasiënte en gesonde vrywilligers om by ons kliniek aan kliniese navorsingstudies deel te neem. Om meer uit te vind, kyk na of deursoek ons beskikbare studies.

Ons Kliniek

Dis maklik om ons kliniek te bereik, wat op die kampus van die universiteit geleë is. Ons bied ’n aantal studies, waaronder kort en generiese studies, wat in ’n vriendelike omgewing plaasvind. Kies asseblief ’n knoppie om uit te vind waarom vrywilligers ons kliniek kies.

Meer Oor Kliniese Navorsingstudies

Indien jy nie heeltemal seker is wat kliniese navorsingstudies behels nie, is jy nie alleen nie. Neem ’n paar minute om meer uit te vind.

Sluit aan by ons e-posverspreidingslys

icon_alerts.png

Sluit aan by ons e-posverspreidingslys vir vrywilligers


Sien jy nie ‘n studie waarvoor jy kwalifiseer nie? Vul die vorm vir die e-posverspreidingslys vir vrywilligers in en ons sal jou kontak sodra nuwe studies beskikbaar raak.